Katryn & Kie Storieboeke se eerste publikasie, 'n Mensie in my Mamma se Pensie, is 'n hartlike, Afrikaanse storieboek. Die ideale geskenkboek vir 'n Mamma.
’n Mensie in my Mamma se Pensie kom wys die spesiale verhouding tussen ’n Mamma en haar dogtertjie. Vanuit die amper-ousus se oogpunt vertel dit hoe sy die veranderinge in haar Mamma sien en beleef wanneer haar Mamma weer swanger raak. Saam raak hulle opgewonde oor die nuwe lyfie wat in haar Mamma se magie broei.